Archive for the ‘Uncategorized’ Category

Breaking News!! Breaking News!! Breaking News!!

August 28, 2008

The posts on karolesinterrupted.wordpress.com with TWO R’s will soon be UNPUBLISHED.

It is now published as karolesinterupted.wordpress.com with ONE R only.

This new site, exactly the same as the previous one, will be auctioned at http://www.bosparra.com — proceeds to go to The Missing Children Project.

The buyer of this site will of course, after a successfull bidding, receive  the Username and Password of this site by email.

.

.

.

____________________________________________________

.

.

.

I, MynameisBotha (as in Earl), promise to:

1.  Unpublish the contents of karolesinterrupted.wordpress.com (TWO Rs) when  the buyer paid for this blog.

2.  Email the UserId and Password of karolesinterupted.wordpress.com (ONE R) to the buyer.

3.  Never re-publish the old content on karolesinterrupted.wordpress.com (TWO Rs), EXCEPT if Karoles Miss Behaves again — Difference of opinion is OK, we talking Miss Behave here, anywhere, anytime, anyhow)

4. Botha will never have access to the ONE-R-blog ever again after the hand-over.

Vloek my, dreig my, maar vertel my…

August 25, 2008

Maar vertel my:

Hoe kan ‘n ma, Karoles in hierdie geval, haar dogter se FOTO post op die internet nadat haar kind probeer selfmoord pleeg het?

Na 24-uur het niemand nog gekom met ‘n verduideliking nie — wat nog te se van ‘n aanvaarbare verduideliking???

Ek word beskuldig dat ek siek is …ens…ens…ens… maar hoe siek is ‘n samelewing wat hierdie Karoles-daad nog boon-op goedpraat???

Terloops, as jy dalk kommentaar wil lewer, tik ‘n fiktiewe email-adres in. Ek stel slegs belang in jou kommentaar, het geen doel vir jou email-adres nie, maar sal en het al die IP-adres publiseer van persone wat my gravatar misbruik/steel.

Tipiese reaksie van VROUENS op BOSPARRA

August 24, 2008

Comment by gigibaby: 2008-08-24 21:22:37

Ek weet nie wat is die hele storie oor Karoles nie, maar die persoon wat nou so aanhou om die postings te maak kan veroorsaak dat die dogter wel selfmoord kan pleeg, soos ek verstaan het Karoles net hulp gesoek hoekom nou aangaan, dit was dalk nie reg om dit op die internet te doen nie, maar mens raak baie keer so desperaat vir hulp dat jy enige iets sal doen om hulp te kry. Depressie is ‘n verskriklike siekte en veral as dit jou kinders is, is dit erg.

Comment by Weglekind: 2008-08-24 21:26:12

Digibaby ek dink dit is erg SIEK van die poephol. Hoe kan jy genot en vermaak put uit ander se leed. Soos jy se was dit miskien nie die regte ding om te doen om dit op die internet te sit nie, maar sy het deur diep water gegaan en nou teer die gemors op haar leed.

Hier is wat ek wil weet

August 24, 2008

1. Hoe kan ‘n ma, Karoles in hierdie geval, haar dogter se FOTO post op die internet nadat haar kind probeer selfmoord pleeg het?

Vir my lyk dit na die ultimate vorm van wraak deur die ma.

Karoles gee voor dat sy verskriklik ontsteld is, maar in my oe is dit bullshit en pure oe-verblindery.

2. Hoekom het haar dogter se kerel se pa en broers vir Karoles se man geslaan toe hy (Karoles se man), sy dogter gaan soek het by die boy friend?

Ek glo en vermoed dat Karoles se dogter vir HULLE van haar probleme vertel het, en dat dit baie erg moet wees.

3. Is Karoles se man OOK betrokke by die mishandeling van hierdie pragtige kind?

Karoles, ons soek antwoorde op hierdie vrae.

—————————————————————————————-

Karoles het hierdie posting, MY TIENERDOGTER, vroeer in Augustus 2008 op karoles.wordpress.com gemaak met ‘n foto, toe die foto verwyder, en toe die blog geskrap.

Maar hierdie Botha het dinge sien kom en ‘n kopie van daardie gewraakte posting gemaak!

My wens is dat Karoles se Dogter hierdie posting lees en besef dat:

1. Sy, die dogter, is skuldig aan NIKS nie.

2. Dit die beste sal wees as sy daardie huis van Karoles verlaat.

3. Daar baie mense in die WERKLIKE LEWE is wat aan haar dink en vir haar omgee.

4. MAAR: Van nou af moet sy vorentoe kyk, die beste maak van haar lewe, en nie haar ma blameer vir enige iets nie.

My Tienerdogter

August 23, 2008

Ek wil ‘n stukkie skryf oor wat alles hierdie week gebeur het, maar diep binne my voel ek so leeg, regtig leeg … ek weet nie eers hoe om te begin nie.

My dogter is ‘n introvert, sy praat nie maklik nie. Vandat ons terug is uit Holland, het sy baie verander. Stil … sy onttrek haar, gaan soms vir ure lank in haar kamer sit, trek die gordyne toe ens. Ons het al so baie met haar daaroor gepraat. Sy is nie gelukkig in die skool nie. Sy voel dat ander haar nie “verstaan” nie.

Sy het ‘n vriend, wat veels te oud is vir haar, hy het oor sy ouderdom gelieg, ons het dit verlede week uitgevind. Hy manipuleer haar, wil nie hê sy moet maats hê nie, wil nie hê sy moet sport ens. doen nie. Hy is sieklik jaloers. Hierdie week het die mannetjie net te ver gegaan. Ek weet eintlik nou nog nie presies wat gebeur het nie, sy het net Dinsdag vir my gesê sy het dit uitgemaak. Ons het Dinsdagaand uitgesaai oor die internet, daarna het ek in die bed gaan klim. Sy het by my op die bed kom sit …. sy het my ‘n drukkie gegee, en gesê sy het iets gedoen …. dis toe dat ek die bloed sien!!!

Sy het haar polse gesny. Op daardie oomblik het daar soveel dinge deur my kop gegaan. Ek het myself verwyt, want ek moes dit sien aankom. Al die tekens was daar. My kind is sielsongelukkig.

Woensdagoggend het ons met die skoolhoof gaan praat, en ek moet sê hy was baie behulpsaam gewees. Hy het dadelik vir ons gereel dat ons by die skool sielkundige ‘n afspraak kry, sommer nog dieselfde dag. Sy wou eers nie gaan nie, het baie mooipraat gekos. Uiteindelik het sy ingestem, en ek voel ons het ‘n goeie gesprek gehad. Daar is definitief dinge wat uitgesorteer moet word, en ons het afsprake daaroor gemaak. En een van die afsprake was dat sy alle kontak met die vriend sou verbreek.

Maar die mannetjie het so ‘n houvas op haar!!! Gisteraand het ons by vriende gaan braai. Sy sou saamgaan, maar toe ons wou ry toe begin die drama. Sy het haarself toegesluit. Ons is toe daar weg sonder haar, want ek was regtig nie verder lus vir ‘n bakleiery nie. Maar sy is toe na die vriend toe. Toe ons gisteraand by die huis kom, het ons na hulle huis toe gery (eers Jan alleen), maar julle sal nie glo wat gebeur het nie. Die vriend en sy broers het my man geslaan, ek was so kwaad toe ek sien hoe hy lyk, ek het toe ook soontoe gegaan. Ek het gesê sy moet saam met my huistoe kom, maar sy het geweier. Ons is toe daar weg sonder haar.

En nou sit ek hier, en weet nie hoe ek hierdie probleem verder moet hanteer nie. Ek sal so bietjie op internet lees, want so hier en daar op blogs kom ek agter dat daar veel meer mense is wat probleme het met hulle tieners. Vanoggend toe ek my oe oopmaak, toe dink ek … ek bly vandag in die bed, maar ek weet ek moenie. Hierdie ding moet my nie onderkry nie, ek moet veg vir my dogter. Is dit dalk depressie? Hoe moet ek haar verder help. Sy is so ‘n pragtige kind, en ek is baie lief vir haar!!!

==============================

Comments

==============================

  1. karoles Says: Pffff ek sien die datums is nog steeds verkeerd, sal more bietjie aandag daaraan gee. Dellie het vir my iets gestuur daaroor.
  2. koeksister Says: Jy is reg. Moenie dat hierdie ding jou onderkry nie, jy moet veg vir haar. Hoe weet ek nie, ekself sit met 2 tienerdogters, ek kan self doen met bietjie raad. Om Tieners groot te maak is soos om jellie teen ‘n boom te probeer vas spyker. )Sterkte vorentoe
  3. mynameisbotha Says: Begin deur nie die boy friend te blameer vir enige iets nie — hy is bloot die simptoom van haar probleem.Aanvaar verantwoordelik en doen eers ‘n bietjie self-ondersoek —- my lees van hierdie probleem herinner my aan my Ma:Skynheilig voor mense, en kraak my af wanneer sy alleen is by my.

    As ek verkeerd is hier, dan is ek bly.

  4. Obelina Says: Op ‘n posetiewe noot Karoles gee haar ‘n drukkie as sy dit die minste verwag en fluister in haar oor dat jy lief is vir haar. Onvoorwaardelik. sterkte, dink aan jou
  5. bellatjie Says: Karoles((((((♥))))))
  6. Me Says: Karoles, dis ‘n moeilike situasie.
    Is sy nog steeds by haar vriend?

    Karoles, ek dink nie dat Botha probeer vinger na jou wys nie. Hy praat slegs uit sy verwysings-raamwerk.

    Botha, sou Karoles haar dogter nie met minagting hanteer nie….
    Wat stel jy voor vir die probleem?

    Karoles, baie sterkte vir jou gesin!

  7. bellatjie Says: @mynameisbotha – ek ken Karoles nou al ‘n rukkie, en ek moet vir jou se: JY IS VERKEERD!!!! Het ook al die boyfriend ontmoet (
    Karoles is baie lief vir haar dogter en mens kan sien hulle het ‘n goeie verhouding, so asseblief moet nie verdere twyfel in die reeds hartseer familie se pad le nie.
    D ek weet jy doen alles wat jy kan vir M, en ja veg voort – sy is ‘n pragtige kind.
    Praat weer later – Jy weet jy kan my enigetyd bel.
    M
  8. pluim Says: Karoles, julle moet probeer om by ‘n verhoudingsterapeut uit te kom. Hierdie het alles met verhoudings uit te waai. Ek sal graag wil weet wat jou dogter se reaksie was op haar vriend en die se broers wat haar eie pa aanrand.Hierdie is beslis ‘n simptoom van iets wat veel dieper lê. My vermoede is (en dis ‘n raaiskoot in die donker) dat jou dogter dink sy kry aandag en aanvaarding by die vriend wat sy nie, by haar ouers kry nie. Hier in PTA is baie, en in Brits behoort jy ook een te kry. Deur net jou dogter na die sielkundige te stuur, sal ‘n klein spikkeltjie van die groter geheel aanspreek.Ek voel net aan dat jou kind op hierdie stadium baie liefde en aandag nodig het, aanvaarding sonder kritiek ( al moet jy jou lip afbyt, sussie) Moet glad nie oor die boyfriend praat nie. As sy iets sê luister net en bevestig jou liefde aan haar en maak vir haar tyd, selfs al pas dit jou nie.
  9. Me Says: Waarom wys my avatar nie op jou blog nie?
  10. pluim Says: Karoles hier is ‘n geregistreerde berader vir jou persoonlik. Sy’s “prophetic counciler. ( bid in jou lewe in en hoor van die Here)Mail my eerder by pluim@ bosparra.com Ek wil haar nie blootstel aan ongure karakters nie, as jy weet wat ek bedoel. Ek stuur dit met liefde aan jou.
  11. platterfuss Says: Hi! Jy weet hoe ek voel! En jy het my nommer!Baie liefde en baie bid…. En baie geduld!Sterkte vir julle!

    (((hugz x 3)))

  12. wip Says: (((Karoles)))Baie sterkte, ek hoop julle kry die probleem gou opgelos.
  13. alta Says: Ai jong, baie sterkte. Dink aan jou.
  14. Haasdas Says: Karoles, al lankal op jou site kom loer, die winkel lyk baie goed en mooi fotos ook wat julle op het, dink julle plek is pragtig.Jou dogter is baie mooi, sy reik wel uit na jou toe,,, dis hoekom sy by jou op die bed kom sit het en jou n drukkie wou gee.Laat haar voel julle is daar vir haar, jammer dat jou man so behandel is, dit moes vir julle vreeslik gewees het.
    Hoop julle kan saamstaan as gesin en deur die ding kom wees lief vir mekaar en ondersteun mekaar.

    Ek bid vir julle.

  15. karoles Says: Sy is nog steeds nie terug nie. En as ek haar gaan dwing om terug te kom, gaan dit alles net vererger.
  16. Gatvol Says: Sjoe Karolus! Wens julle kon bietjie weggaan as gesin. Sonder selfone of kontak met kêrel! Al is dit net ‘n langnaweek.
  17. Zee Says: Karoles, baie sterkte vir jou pad vorentoe. Ek lees nou dat sy nog nie terug is nie. Gaan haal haar, al is dit hoe moeilik. Haar mind is seker nou so confused op die oomblik en ek glo sy dink nie rasioneel nie. En ek hoop jou man was al by die polisie!!(((Karoles)))Ps, sy is pragtig!
  18. Gatvol Says: Ek stem met Zee. Sy is minderjarig. Gaan haal haar. Vriendelik maar ferm.
  19. cleopatra Says: ((((Karoles))))
    Baie moeilike situasie.
    Sy is n pragtige kind, Bid vir julle en dink baie aan jou!!!
  20. sally Says: more karoles
    stem met gatvol,gaan haal jou kind,sy is minderjarige,tree baie ferm op,en konsekwent,jou ja is jou ja en jou nee is jou nee,dit is wat tieners soek,party keer kan hulle ouers lekker manupileer,ken dit is al self daardeur,staan sterk,en gaan maak n klag van aanranding,dit is onaanvaarbaar dat kinders aan grootmense slaan.lekker dag verder,en bid baie..groete
  21. karoles Says: Dis nou half een smiddags, en sy wil nog steeds nie huistoe kom nie .. sy moet more skool toe. My broer kom vanmiddag hierheen om met haar te gaan praat. Julle, ek is stukkend, my hart seer. Jy dink jy doen goed, en ek glo elke moeder probeer goed doen vir haar kinders. Maar ek gaan nie opgee nie!!!
  22. Wondernet Says: “Maar ek gaan nie opgee nie!!!”KarolesSterkte. Ek het self 3 dogters waarvan die oudste amper 15 is en hulle raak rebels. Ons as ouers moet soms maar die lip byt en baie geduld hê. Maar dis jou dogter en ek is bly om te sien jy gaan fight vir haar. So baie ouers gee te gou op.
    ((((HUGG))))